Wednesday, August 18, 2010

Ideal Melk Sjokolade-koek

Bestanddele Koek




375 ml Meel

250 ml Melk

250 ml Suiker

2 ml Sout

10 ml Bakpoeier

125 ml Olie

60 ml Kakao

125 ml Kookwater

4 Eiergele

4 Eierwitte



Bestanddele Sous



¾ Blik Ideal Melk

125 ml Suiker



Bestanddele Versiering



2 Plakke Heelneut sjokolade

¼ Blikkie Ideal Melk


Metode Koek



Klits eierwitte tot styf.

Meng droë bestanddele.

Maak gaatjie in droë bestanddele.

Voeg eerste olie, dan kakao gemeng met water, melk en eiergele by.

Klits goed.

Voeg bakpoeier by eierwitte en klits weer.

Vou eierwitte in by mengsel.

Bak teen 180º C vir 30 tot 40 minute in reghoekige oondbak (die koek bly in die bak, so moenie in gewone koekpanne bak nie).



Metode Sous



Kook Ideal melk en suiker saam.

Maak gaatjies in koek met dun voorwerp.

Gooi stroop oor koek.

Laat koek heeltemal afkoel.



Metode Versiering



Smelt sjokolade saam met ¼ Blikkie Ideal melk en gooi oor koek

4 comments:

  1. Dit klink so lekker wanneer maak jy die resep vir ons ek kom drink tee.

    ReplyDelete
  2. Sjoe hoe lus is ek nou vir daai koek. Jy is meer as welkom om dit te maak en saam te bring matd toe, ek is seker almal sal die motivering wardeer.

    ReplyDelete
  3. MMM!!! Dit klink heerlik, ek sal dit verseker ook uit toets!!!

    ReplyDelete
  4. Hey jong!!! Is die nou 'n portugese familie-resep? Klink en lyk baie lekker!!!

    ReplyDelete